Concert Resumés

Long version - Afrikaans

ZANTA HOFMEYR

Die Suid-Afrikaanse violis, Zanta Hofmeyr, was 'n leerling van Vincent Fritelli, voor sy begin studeer het aan die beroemde Juilliard Skool vir Musiek in New York. Hier ontvang sy verdere onderrig van die wêreldbekende leermeesters Dorothy Delay en Hyo Kang. Na sy gradueer, het sy haar New York-debuut gemaak in Carnegie Recital Hall(tans bekend as Weil recital hall) as die wenner van die Artists International-kompetisie. Sedert haar terugkeer na Suid-Afrika het Zanta 'n suksesvolle loopbaan gebou as onderwyseres en konsertviolis.

Sy ontvang groot lof vir haar opvoerings van Beethoven en Brahms se sonates saam met pianiste Malcom Nay en Albie van Schalkwyk onderskeidelik. Sy speel ook die Suid-Afrikaanse premiere van Hendrik Hofmeyr se komposisie, "Raptus" saam met die Artscape Filharmoniese orkes in Kaapstad(2003) sowel as die premiere van sy solostuk 'Nelle mani d'Amduscias'(2007). In 2008 speel sy en Nay die première van Hendrik Hofmeyr se eerste sonate vir viool en clavier by die Aardklop Kunstefees. In 2011 behaal sy en pianis Elna van der Merwe groot sukses in 'n konsert in die Teatro Manoel in Valletta, Malta.

Sy waag dit ook in die jazz genre saam met kunstenaars soos Wessel van Rensburg, Surrendran Reddy, Rocco de Villiers en Denzil Wheale met vele optredes by veral kunstefeeste in Suid Afrika. Saam met die pianis, Charl du Plessis kry hulle gehore op hulle voete met hulle konsert genaamd Beethoven Tango.
Sy neem drie solo CD's op, by name: Zanta Hofmeyr plays Arioso en Cantilena met Wim Viljoen as die orrelis en Romantic Violin met Malcolm Nay op klavier. In 2011 word die nuwe CD Beethoven Tango bekendgestel met die pianis, Charl du Plessis.

Sy tree gereeld op as solis met orkeste of as lid van kamermusiek-ensembles. Sy is die leier van die nuutgestigde Goldberg Strykkwartet saam met wie sy in 2011 die hele Opus 18 Strykkwartetsiklus van Beethoven uitvoer. In 2003 het sy as deel van die Musaion Trio tydens die Grachte Fees in Amsterdam, Holland, opgetree het. By die fees het sy ook 'n lesing gegee in die Zuid-Afrika Huis oor 'n projek saam met San Musici van Namibië en Platfontein (Kimberley). Zanta is ook op die fakulteit van die Internasionale Kamermusiekfees van die Universiteit van Stellenbosch.

Vanaf 2000 is sy mede-professor in viool aan die Universiteit van Pretoria. Sy is sedert 2006 deeltydse dosent in viool aan die Universiteite van die Witwatersrand en Pretoria. Haar betrokkenheid by die ontginning van jong talent strek ook verder met gereelde meesterklasse by viool-projekte in Gauteng en Tshwane.

In 2003 word 'n roos na haar vernoem en ontvang sy een van Rapport/City Press se " Vrou van die jaar" toekennings. Die Goldberg Trio van wie sy ook 'n lid is, word genomineer vir 'n Fiesta toekenning in 2010. In 2011 word sy genomineer as beste vroulike kunstenaar by die KKNK.

Download CV

Zanta

Zanta Hofmeyr

Upcoming Events

The Wits Trio will perform...
Thursday, 10 August, 2017 - 02:00
Zanta Hofmeyr en Charl du...
Sunday, 13 August, 2017 - 11:30